WELKOM!

Boesmanskloof McGregor Akkommodasie

Onverwacht Huisies en Eagle’s Nest Huis grens altwee aan die Boesmanskloof Staproete ook genoem die “Greyton - McGregor” Hike.

Die 2 akkommodasie plekke verskaf blyplek aan die avontuurlistige avontuursoekers wat wil stap,bergfiets ry of net eenvoudig om deur die rustigheid van die natuur bederf te word.

Die Gobos rivier met sy vele watergate vloei deur Onverwacht Flora en Eagle’s Nest na Greyton

Onverwacht en Eagle verskaf saam n eenheid en openbaar vele uitdagings omdat die 2 akkommodasie plekke 1,3km vanaf mekaar geleë is en grens aan mekaar.Altwee bied net soveel meer aktiwiteite aan a.g.v makliker keuses om die natuur te geniet!

Onverwacht en Eagle’s Nest is met mekaar verbind deur n voetpad “Two Seasons” met ongelooflike 3 dimensionele uitsigte wat oneindig vêr strek oor die dorpe van die R62(die land se grootste wynroete),die Overberg en die Boesmanskloof Staproete.

Die belangrikste inligting

Jammer geen Troeteldiere..

Aandag – Om u bespreking met ons te bevestig.

Bevestig jou bespreking dadelik per epos. na info@boesmanskloofmcgregor.com Sluit in u naam,van en sel nr. (asb)

50% deposito moet asb. betaal word binne n bestek van 3 dae vanaf bevestiging van u verblyf.

Epos asb jou bewys van betaling onmiddelik na info@boesmanskloofmcgregor.com omrede dit jou bewys van jou bespreking is.

Ons beskik nie oor kaart fasiliteite nie daarom moet die uitstaande balans per eft gedoen word voor u aankoms(epos asb. bewys van betaling!) of kontant met aankoms.

NB-Ons Boesmanskloof Staproete gaste moet hul balans van verblyf 3 dae voor aankoms betaal (epos betalings bewys asb) .

Indien u deposito onmoontlik is om te maak in 3 dae se tyd kan u die nodige reelings tref met u betaling om u verblyf te verseker.


Tarief - Eagle’s Nest Huis- R300 p.p.p.n/ R150 p.p.n vir 12 jr en jonger.

R900 p.n indien u net 2 persone per nag is.

Beddegoed en handoeke ingesluit by Eagle’s Nest.


Onverwacht Huisies - R150 p.p.p.n wat n huisie deel.

Indien net 2 persone per huisie is tarief - R400 p.n per huisie

R60 p.n vir kinders 12 jr. en jonger p.n

Beddegoed en handoeke ekstra. Dubbelbed – R60. Enkelbed – R40

Reel asb 3 dae voor die tyd vir beddegoed en handoeke

Dankie vir u samewerking!

Japie en Sandra Oosthuizen

Landlyn:023 625 1667

Japie Sel: 082 894 1462

Sandra Sel: 072 514 4209

Indien ons u nie kan akkommodeer nie is u welkom om na ons seun Bernardo se huur huis Welgedaan Akkommodasie te kyk. Ook n stukkie paradys om te geniet!

Dankie vir u ondersteuning!

Japie en Sandra Oosthuizen

Eagle's Nest Huis

Eagle’s Nest Huis
Tarief: R300.p.p.p.n met n minimum van 2 persone -R900

 Toegevou in die hartjie van die Riviersonderend Berge, tussen die twee buurdorpe  Greyton en  McGregor, is n dubbelverdieping gebou uit klip staangemaak wat  sonder twyfel die oog vang,      genoem – Eagle’s Nest.
Vanaf die houtdek voor dié kliphuis word jy weggevoer deur die stilte vanaf  die gejaag van die  werlike lewe vandag. The Boesmanskloofstaproete en Die Galg is feitlik geleë op die voorstoep van die kliphuis en al die avontuurlistige stappers wat kom en gaan op hul staproete tussen McGregor en Greyton is n genot om te aanskou . Met die oopmaak van die voordeur duik die massiewe bergreeks  wat wyd uitgestrek lê op voor jou soos n drie dimensionele skildery . Dié deur omsluit die asenrowende prentjie van die Riviersonderend berge rustige agtergrond   musiek van die vloeiende Gobos River.

Slaapkamers
·         Die selfsorg kliphuis het op die boonste verdieping vier dubbelbed slaapkamers en elke slaapkamer is toegerus met elk sy eie privaat stort en toilet.
·         Op die onderste vlak is n ekstra slaapkamer met 2 enkelbeddens en sy eie privaat stort en toilet.
·         Elke slaapkamer is vernoem na n Afrika Arend waarvan die  Witkruisarend die gewildste is watby Eagle’s Nest voorkom.
·         Die boonste vlak(waar die vier slaapkamers is) maak oop op n balkon wat jou na jou asem  laat snak!
Oop plan sit-eetvertrek
  • N twaalf sitplek eetkamertafel sorg vir lekker rustige kuiers om n maaltyd.
  • Genoeg gerieflike  sitbanke vir lekker gesels en genoeg vleeskombersies om die koue weg te hou.
  • In die vertrek is ook n ingeboude kaggel vir die koeler dae en aande vir n heerlike warm  atmosfeer.
Kombuis
·         Die groot kombuis is toegerus met n heerlike groot houttafel wat sorg dat geen vrou op mekaar se tone trap omrede die groot kombuis en die baie ruimte wat dit bied vir werks spasie.
·         Ten volle toegerus met breekgoed,messegoed en ander benodigde kookware.n Groot yskas,stoof,mikrogolfoond ,braaipan en die nodige elektrisiteits toebehore is ook tot u beskikking.
·         Met die uitgang vanaf die kombuis agterdeur  is  n sprokies mooi uitsig en die Paradyspoort wat wag om ontdek te word.
Buite Area