WELKOM!

Boesmanskloof McGregor Akkommodasie

Onverwacht Huisies en Eagle’s Nest Huis grens altwee aan die Boesmanskloof Staproete ook genoem die “Greyton - McGregor” Hike.

Die 2 akkommodasie plekke verskaf blyplek aan die avontuurlistige avontuursoekers wat wil stap,bergfiets ry of net eenvoudig om deur die rustigheid van die natuur bederf te word.

Die Gobos rivier met sy vele watergate vloei deur Onverwacht Flora en Eagle’s Nest na Greyton

Onverwacht en Eagle verskaf saam n eenheid en openbaar vele uitdagings omdat die 2 akkommodasie plekke 1,3km vanaf mekaar geleë is en grens aan mekaar.Altwee bied net soveel meer aktiwiteite aan a.g.v makliker keuses om die natuur te geniet!

Onverwacht en Eagle’s Nest is met mekaar verbind deur n voetpad “Two Seasons” met ongelooflike 3 dimensionele uitsigte wat oneindig vêr strek oor die dorpe van die R62(die land se grootste wynroete),die Overberg en die Boesmanskloof Staproete.

Die belangrikste inligting

Jammer geen Troeteldiere..

Aandag – Om u bespreking met ons te bevestig.

Bevestig jou bespreking dadelik per epos. na info@boesmanskloofmcgregor.com Sluit in u naam,van en sel nr. (asb)

50% deposito moet asb. betaal word binne n bestek van 3 dae vanaf bevestiging van u verblyf.

Epos asb jou bewys van betaling onmiddelik na info@boesmanskloofmcgregor.com omrede dit jou bewys van jou bespreking is.

Ons beskik nie oor kaart fasiliteite nie daarom moet die uitstaande balans per eft gedoen word voor u aankoms(epos asb. bewys van betaling!) of kontant met aankoms.

NB-Ons Boesmanskloof Staproete gaste moet hul balans van verblyf 3 dae voor aankoms betaal (epos betalings bewys asb) .

Indien u deposito onmoontlik is om te maak in 3 dae se tyd kan u die nodige reelings tref met u betaling om u verblyf te verseker.


Tarief - Eagle’s Nest Huis- R300 p.p.p.n/ R150 p.p.n vir 12 jr en jonger.

R900 p.n indien u net 2 persone per nag is.

Beddegoed en handoeke ingesluit by Eagle’s Nest.


Onverwacht Huisies - R150 p.p.p.n wat n huisie deel.

Indien net 2 persone per huisie is tarief - R400 p.n per huisie

R60 p.n vir kinders 12 jr. en jonger p.n

Beddegoed en handoeke ekstra. Dubbelbed – R60. Enkelbed – R40

Reel asb 3 dae voor die tyd vir beddegoed en handoeke

Dankie vir u samewerking!

Japie en Sandra Oosthuizen

Landlyn:023 625 1667

Japie Sel: 082 894 1462

Sandra Sel: 072 514 4209

Indien ons u nie kan akkommodeer nie is u welkom om na ons seun Bernardo se huur huis Welgedaan Akkommodasie te kyk. Ook n stukkie paradys om te geniet!

Dankie vir u ondersteuning!

Japie en Sandra Oosthuizen

Belangrike inligting.


Belangrike inligting om in gedagte te hou
  • Alle huisies is selfsorg eenhede maar ons maak voorsiening  vir groot groepe vir etes op versoek vooraf gereël.
    Ons maak glad nie gebruik van elektrisiteit op Onverwacht nie daarom kan u verwag om n salige atmosfeer in die aande te geniet met net die naggeluide in die agtergrond. Op aanvraag van baie gaste om die atmosfeer net so eenvoudig te hou soos dit tans is,volstaan ons nog vir die nou met die versoeke om geen krag aan te bring.
  • Olie lampe vuurhoutjies en een vol gelaaide lig per huisie word verskaf .
  • Bring eie flitslig.
  • Onthou u eie hout en blits. Hout kan op aanvraag bestel word met u bespreking. Elke huisie het sy eie braairooster maar indien u gewoond is aan u eie,bring u gunsteling  saam.
  • Warm water bottels word verskaf.
  • Bedlinne en handoeke kan gereël word teen n ekstra koste met u bespreking..
  • Tarief vir bed linne en handoeke is R60 vir n dubbelbed en R40 vir n enkelbed
  • N Groot swembad wat uitkyk oor die hele Breëde Valleie en omring is deur die potblou skakerings van die Langeberge en  Riviersonderend Berge nooi jou uit na n lafenis van koelte vir die liggaam op n warm dag of na n avontuurlike stap van waar u ookal kom!.
  • Sandputte vir kinders om hulself na hartelus uit te leef.
  • Handhaaf asb op alle gebiede n rustige atmosfeer bv.geen harde musiek word toegelaat. Asb. respekteer u buurman wat daarna smag om net af te skakel van die daaglikse dolle "rat race
  • Onthou jou kamera en verkyker vir die pragtige sonsondergange en sonsopkomste met asemrowende uitsigte!
  •  Geen troeteldiere nie
  •  Naaste winkels is binne 15 km
  • Robertson is 33 km van Onverwacht Cottages af.
  • McGregor is 15 km van Onverwacht Cottages af (gruispad en toeganklik met 'n motor).
  • Landlyn:023 625 1667
    Japie Sel: 082 894 1462
    Sandra Sel: 072 514 4209